Oproep tot gebed

“Bid julle saam vir hierdie mama?

13-02-2023 Whatsappbericht van Gijsbertha
Goede morgen lieve allemaal, het volgende berichtje had ik aan de bijbelstudiegroep gestuurd en stuur het ook voor jullie. Willen julle mee bidden?

“Ek wil graag met julle deel wat die naweek oor ons pad gekom het en sommer ook julle gebed vra.
‘n Paar weke terug is ek gekontak deur ‘n jong dame wat gese het sy wil haar baba in die box kom sit sodra sy gekraam het, sy wil die baba nie sien nie en sy wil anoniem bly. Ek het met haar gesels oor die prosedure en sy was baie oortuig van haar besluit.

Gisteroggend laat weet sy vir my sy is opgeneem in die hospitaal want die baba is oppad. Sy vra weer die prosedure en se haar niggie sal die baba kom bring. Ek het gevra of ek haar kan kom besoek en sy het ingestem. Saterdagaand het Linda en ek haar gaan sien en het ons met haar gesels. Wanneer ons met hierdie mama’s praat, is ons fokus op die hart van die mama en nie rerig op die baba nie. Ons wil net seker maak dat die mama in vrede haar besluit maak.
Sy het toen nog nie haar baba gesien nie deurdat sy vir die personeel gese het sy gaan die baba weggee en wil nie die kindjie sien nie.
Ons het met baie swaar harte daar weg gery en gebid dat ons Here se wil sal geskied want sy was so oortuig sy wil nie vir die baba gaan sorg nie.

Sondagoggend bel ek vir haar om te hoor hoe dit gaan en sy is in trane. Sy se, ek het gebid tot die Here en vir Hom gese ek wil nie die kindjie weggee nie….
Sy het toen nog niks vir die personeel gese nie en ook nog nie vir die baba gaan kyk nie.
Ons het toe weer hospitaal toe gegaan en met die personeel gesels. Sy kon toen haar baba ‘n dag na geboorte eindelik in haar arms neem en begin lief he. Dit was ‘n baie spesiale oomblik!

Sy moes eintlik nog in die hospitaal geslaap het sodat die maatschappelik werker haar kan besoek en kan begin met counseling maar dit het haar baie erg afgeskrik om nog ‘n nag daar te le so sy kon saam met ons huis toe kom en hier slaap.
Sy het self die kindjie gebad, mooi aangetrek en geborsvoed alsof sy nooit teën die kindjie besluit het nie.

Gister namiddag het haar twee ander kinders kom kuier en speel en hulle lyk heel mooi. Gesond en versorg.
Vanoggend sal die maatschappelik werker hier kom en dan kan sy moontlik naar haar eie huis toe gaan. Ons sal haar saam met maatschappelik begelei maar ek is so bewus van ons Here se hand en beskerming oor haar én haar baba dat ek glo ons Here is saam met haar.
Dis net Hy wat harte kan sag maak en totaal kan verander. En dis wat ons sien gebeur het. Sy gesels met haar kindjie, soen en druk hom. Hy kry liefde.

Bid julle saam vir hierdie mama?
Dat sy ons Here verder sal leer ken en Hom as haar Verlosser sal aanneem?
Dan sal al haar seer regtig kan genees en gaan haar 3 kinders die gelukkigste wees!
Dankie dat ek dit kon deel en julle gebed kan vra. Ek sukkel net om dit in kort weer te gee 😊🙈”

Laat een reactie achter